Fed verlaag rentekoerse in Amerika

Loading player...
Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse Woensdag met 25 basispunte verlaag, die eerste verligting sedert Desember. Die goewerneur van die Fed, Jerome Powell, het die verlaging veral aan ‘n verswakking in die arbeidsmark toegeskryf en gesê nóg koersverlagings kan later vanjaar volg.
18 Sep 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'

Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
23 Feb 9AM 1 min

Nie goeie idee om mense na staatshospitale te dwing: ontleder

Reaksie word ontvang op berigte deur die Tender Bulletin dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie moontlik die staat se mediese fonds, Psemas, sal oorneem en bestuur. Methealth bestuur die fonds sedert 2003. Die aankondiging kom te midde van ‘n herrie wat losgebars het met staatsamptenare wat vanaf 1 April staatsgesondheidsdienste moet gebruik…
23 Feb 9AM 1 min

Parlementêre komitee neem bioveiligheid onder die loep

Lede van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne hou vandeesweek ‘n hoëvlak werkswinkel oor die versterking van bioveiligheidsbestuur. Dit word aangebied deur die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie by die Windhoek Buiteklub-oord. Die werkswinkel is ontwerp om die parlement se wetgewende en toesighoudende kapasiteit te verbeter in…
23 Feb 8AM 1 min

Hongarye gaan stokkie steek voor Rusland-sanksies

Hongarye gaan die Europese Unie se 20ste ronde sanksies teen Rusland verhoed wat vir vandag beplan word en energie, finansiële dienste en handel dek. Die minister van Buitelandse Sake, Peter Szijjarto, sê Hongarye sal nie toelaat dat voortgegaan word met gunstige besluite vir Oekraïne voor hy die olie-oordrag na Hongarye…
23 Feb 8AM 1 min

Namibië versterk reaksie op aanlynbedreigings

Namibië versterk sy kuberverdediging. Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan het 'n vierdaagse Domeinnaamstelsel-veerkragtigheidsopleiding in Windhoek afgesluit wat daarop gemik was om die land se reaksie op groeiende aanlynbedreigings te versterk. Die program het gefokus op kwaadwillige aktiwiteite wat 'n beduidende bedreiging vir internet-integriteit in Suider-Afrika inhou. Cran se woordvoerder Mufaro Nesongano:
23 Feb 7AM 1 min