Namibië sal sakevriendelik bly, beloof NNN

Loading player...
Die regering sal aanhou om die doen van sake in Namibië voortdurend te vergemaklik, het president Netumbu Nandi-Ndaitwah Donderdag tydens die bekendstelling van Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg aan die kus onderneem. In haar toespraak, wat deur eerste minister Elijah Ngurare gelewer is, het die president Cleanergy Solutions Namibia se Hydrogen Dune Project beskryf as ‘n beslissende mylpaal in die land se reis na ‘n volhoubare en vooruitstrewende toekoms.
19 Sep 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië versterk reaksie op aanlynbedreigings

Namibië versterk sy kuberverdediging. Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan het 'n vierdaagse Domeinnaamstelsel-veerkragtigheidsopleiding in Windhoek afgesluit wat daarop gemik was om die land se reaksie op groeiende aanlynbedreigings te versterk. Die program het gefokus op kwaadwillige aktiwiteite wat 'n beduidende bedreiging vir internet-integriteit in Suider-Afrika inhou. Cran se woordvoerder Mufaro Nesongano:
23 Feb 7AM 1 min

DA kla oor swak komitee wat konvensionele wapens beheer

Die DA sê president Cyril Ramaphosa moet dringend bepaal of die huidige samestelling en leierskap van die komitee vir die beheer van konvensionele wapens bevoeg is om hul statutêre en grondwetlike verpligtinge na te kom. Volgens die party volg hulle versoek na voortslepende bestuursmislukkings. Die komitee het in 2025 slegs…
23 Feb 7AM 1 min

DA verwelkom BKS-entstowwe, vra nakoming van maatreëls

Die DA het die aankoms van 1 miljoen entstofdosisse verwelkom om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bestry. Woordvoerder Jan de Villiers sê dit is 'n belangrike stap om landbou-biosekuriteit en die beskerming van die lewensbestaan van boere, werkers en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika te bestendig. Hy sê boere, vervoerders,…
23 Feb 5AM 1 min

Sosiale media en kinders: Britse kinderkommissaris hou Aussies fyn dop

Brittanje oorweeg ook, nes Australië, ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16. Die land se kinderkommissaris, Rachel de Souza, sê hy hou verwikkelinge in daardie land fyn dop terwyl die Verenigde Koninkryk skaaf aan sy plan. Sy sê die Aussies ervaar hulle eie uitdagings.
23 Feb 5AM 1 min

Namibiese toerisme maak staat op buitelanders, en streek

Die onlangse sesde Royale Wealth Management Beleggingsforum het op toerisme in Namibië gefokus. Rene Olivier, stigter van Royale Wealth Management, het met gasspreker Gys Joubert, besturende direkteur van Gondwana Collection Namibia gesels, wat die bespreking oor die onderwerp "Toerisme: 'n Namibiese suksesverhaal" passievol gelei het. Toerisme speel 'n belangrike rol…
23 Feb 4AM 1 min