PDM doen selfondersoek ná bedankings

Loading player...
Ná 'n onlangse vlaag bedankings het die Popular Democratic Movement reageer op bewerings dat dit agteruitgaan met dié dat sy verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering van 16 setels tot slegs 5 gedaal het. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het tydens 'n nuuskonferensie Donderdag gesê die party aktief werk daaraan om sy interne strukture te versterk.
19 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom BKS-entstowwe, vra nakoming van maatreëls

Die DA het die aankoms van 1 miljoen entstofdosisse verwelkom om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bestry. Woordvoerder Jan de Villiers sê dit is 'n belangrike stap om landbou-biosekuriteit en die beskerming van die lewensbestaan van boere, werkers en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika te bestendig. Hy sê boere, vervoerders,…
23 Feb 5AM 1 min

Sosiale media en kinders: Britse kinderkommissaris hou Aussies fyn dop

Brittanje oorweeg ook, nes Australië, ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16. Die land se kinderkommissaris, Rachel de Souza, sê hy hou verwikkelinge in daardie land fyn dop terwyl die Verenigde Koninkryk skaaf aan sy plan. Sy sê die Aussies ervaar hulle eie uitdagings.
23 Feb 5AM 1 min

Namibiese toerisme maak staat op buitelanders, en streek

Die onlangse sesde Royale Wealth Management Beleggingsforum het op toerisme in Namibië gefokus. Rene Olivier, stigter van Royale Wealth Management, het met gasspreker Gys Joubert, besturende direkteur van Gondwana Collection Namibia gesels, wat die bespreking oor die onderwerp "Toerisme: 'n Namibiese suksesverhaal" passievol gelei het. Toerisme speel 'n belangrike rol…
23 Feb 4AM 1 min

Aochamub gee oorsig van Meatco-jaarvergadering

Meatco se jaarvergadering het volgens produsente goed afgeloop. Meatco het ook goeie wins gemaak weens meer verslagting. Kosmos 94.1 Nuus het 'n opdatering by die interim hoof uitvoerende beampte, Albertus Aochamub, gekry.
23 Feb 4AM 1 min