Sauma waarsku oor 'gratis opleiding' rakende EPL's

Loading player...
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het boere gewaarsku teen die advies van omgewingskonsultante wat deur eksplorasielisensiehouers gekontrakteer word om omgewingsimpakstudies uit te voer. Hierdie konsultante, wie se opleidingsessies van gister tot 25 Oktober geadverteer word, bied ook leiding aan boere oor hoe om met die lisensiehouers saam te werk. Sauma het kommer uitgespreek dat hierdie reëling 'n belangebotsing kan inhou. Sauma se visevoorsitter, Wolfgang Teichert, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Sep 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goud en olie klim te midde van tariewe, spanning in Midde-Ooste

Die goudprys het Vrydag in New York tot 5 106 Amerikaanse dollar per fynons geklim na president Donald Trump se aankondiging dat hy sy tariewe wat deur die hooggeregshof omvergewerp is, met 10-persent tariewe teen alle lande gaan vervang. Saterdag het hy aangekondig hy gaan dit na 15-persent verhoog. Die…
22 Feb 11PM 1 min

Begroting: Skoolinfrastruktuur moet spesiale fonds kry

Die begroting sal Donderdag in die parlement ter tafel gelê word. Onderwys se toekennings is gewoonlik ruim, maar met tersiêre onderwys wat nou gesubsidieer word, kan dit styg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessy Abraham, die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente Organisasie, Nanso, gepraat oor die organisasie se ideale…
22 Feb 11PM 1 min

Mashaba staan vir Jhb-burgemeester

ActionSA se president Herman Mashaba is die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Johannesburg in die komende munisipale verkiesing. Mashaba was van 2016 tot 2019 die stad se DA-burgemeester. Hy het in sy aanvaardingstoespraak gesê ActionSA bied kiesers geleentheid om Johannesburg se verval te keer. Mashaba het Operation Fix Joburg…
22 Feb 10PM 1 min

Man, 21, doodgeskiet na hy met haelgeweer, petrolkan Mar-a-Lago binnegaan

Die Amerikaanse geheime diens sê hy het die 21-jarige Austin Tucker Martin doodgeskiet na hy probeer het om president Donald Trump se Mar-a-Lago-woning in Palm Beach, Florida, binne te gaan. Trump was in Washington, DC. Spesiale agente en 'n adjunk van die Palm Beach sheriff se kantoor het die man…
22 Feb 10PM 1 min

Goeie tekens begin vir boubedryf wys

Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop,…
22 Feb 5AM 1 min