Internasionale Strafhof kla Duterte aan, lê klem op onpartydigheid

Loading player...
Die Internasionale Strafhof het die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte van drie klagte van misdade teen die mensdom aangekla. Die 80-jarige Duterte word daarvan beskuldig dat hy tussen 2013 en 2018 onregstreeks aanspreeklik was vir die moorde op meer as 76 mense tydens sy sogenaamde dwelmoorlog. Hy is sedert Maart in Nederland in aanhouding. 'n Woordvoerder van die Strafhof, Fadi El Abdallah, het bewerings verwerp dat die hof met die land se huidige president, Ferdinand Marcos, saamwerk in die saak teen Duterte:
23 Sep 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mashaba staan vir Jhb-burgemeester

ActionSA se president Herman Mashaba is die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Johannesburg in die komende munisipale verkiesing. Mashaba was van 2016 tot 2019 die stad se DA-burgemeester. Hy het in sy aanvaardingstoespraak gesê ActionSA bied kiesers geleentheid om Johannesburg se verval te keer. Mashaba het Operation Fix Joburg…
22 Feb 10PM 1 min

Man, 21, doodgeskiet na hy met haelgeweer, petrolkan Mar-a-Lago binnegaan

Die Amerikaanse geheime diens sê hy het die 21-jarige Austin Tucker Martin doodgeskiet na hy probeer het om president Donald Trump se Mar-a-Lago-woning in Palm Beach, Florida, binne te gaan. Trump was in Washington, DC. Spesiale agente en 'n adjunk van die Palm Beach sheriff se kantoor het die man…
22 Feb 10PM 1 min

Goeie tekens begin vir boubedryf wys

Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop,…
22 Feb 5AM 1 min

TLU-SA verwelkom eerste miljoen BKS-entstowwe

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse vanaf Biogénesis Bagó in Argentinië. Die organisasie sê boere moet nou die kwarantynmaatreëls, bewegingbeperkings en waarneming nakom om die uitbreking te bekamp. Bennie van Zyl van TLU SA beklemtoon dat die privaat sektor by die inentingsprogram…
22 Feb 5AM 1 min

Cyril besluit om nie nou NGV-artikels te bekragtig nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV…
22 Feb 4AM 1 min