Huidige beleggingswet bevoordeel net elites

Loading player...
Die regering hersien weer sy beleggingswet om 'n enkele raamwerk te skep en beleggersvertroue te verhoog. Dit is aangekondig op die kantlyn van die 80ste VN Algemene Vergadering deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben de Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, wat sê die huidige wetsontwerp is 'n absolute mislukking wat daarop gemik is om 'n klein groepie polities verbinde elites toe te laat om die ekonomie te "kaap". Hy twyfel of die nuwe wet 'n verbetering sal wees.
25 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie tekens begin vir boubedryf wys

Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop,…
22 Feb 5AM 1 min

TLU-SA verwelkom eerste miljoen BKS-entstowwe

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse vanaf Biogénesis Bagó in Argentinië. Die organisasie sê boere moet nou die kwarantynmaatreëls, bewegingbeperkings en waarneming nakom om die uitbreking te bekamp. Bennie van Zyl van TLU SA beklemtoon dat die privaat sektor by die inentingsprogram…
22 Feb 5AM 1 min

Cyril besluit om nie nou NGV-artikels te bekragtig nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV…
22 Feb 4AM 1 min

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min