
Daar is talle vrae oor gratis tersiêre onderwys wat antwoorde soek
Loading player...
Die regering sal jaarliks 5 miljard Namibiese dollar bestee om die gratis tersiêre onderwysbeleid te bevorder. Die 100 persent tersiêre onderwyssubsidie is deel van die regerende Swapo se manifes en beleidsdokument. Volgens Swapo is die teiken om klasgeld teen 2028 by alle staatsbeheerde hoër onderwysinstellings en TVET-sentrums uit te skakel. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende plaaslike ekonoom dr. John Steytler gepraat, wat sê daar is baie onbeantwoorde vrae.

