
Nuwe stelsel skep vragmotor orde op Walvis
Loading player...
Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het 'n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en die druk op plaaslike infrastruktuur te verminder. Tans ry tot 600 vragmotors daagliks deur Walvisbaai, 'n volume wat geweldige druk op paaie plaas en beduidende verkeers- en veiligheidskwessies veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dries Oberholzer van NKNO Fuels Namibia oor die inisiatief gepraat.

