
Amazon se wolk is herstel
Loading player...
Die chaos wat wêreldwyd veroorsaak is na Amazon se wolkdienste vir 'n aantal ure heeltemal onbeskikbaar is, het Maandagaand gedeeltelik voortgeduur. Meer as 'n duisend maatskappye is geaffekteer, volgens Downdetector, met 6,5 miljoen verslae van gebruikers wat probleme ondervind. Dit sluit in meer as 'n miljoen verslae in die VSA, 400 000 in Brittanje en 200 000 in Australië. Banke en groot selfoonmaatskappye het ook deurgeloop. Sky se Rowls Manthorpe verduidelik wat gebeur het.

