
Ons moet praat oor uitwissing van geringe kriminele rekords
Loading player...
Die regering word aangespoor om 'n stelsel vir die uitwissing van geringe kriminele rekords in werking te stel, soos in Suid-Afrika en vele ander lande. Kommentators sê mense met rekords vir geringe misdade, dikwels gepleeg toe hulle baie jonk was of baie jare gelede, kan nie werk kry nie, omdat maatskappye en regeringsinstellings aandring op 'n skoon kriminele rekord. Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die uitwissing van sulke kriminele rekords bespreking verdien.

