Putin speel met Trump - kenner

Loading player...
Die ontmoeting van Amerikaanse president Donald Trump en Rusland se Vladimir Putin volgende week in Hongarye is van die tafel af. 'n Withuis-amptenaar sê daar is geen planne vir 'n ontmoeting in die nabye toekoms nie. 'n Voorbereidende vergadering tussen die Amerikaanse buitelandse sake-minister Marco Rubio en sy Russiese eweknie Sergei Lavrov sou hierdie week plaasgevind het, maar die Withuis sê die twee het 'n "produktiewe" telefoonoproep gehad en 'n vergadering is nie meer nodig nie. Die Withuis het nie verder kommentaar gelewer nie. Simon McDonald, die voormalige hoof van die Britse diplomatieke diens, het aan LBC-televisie se Andrew Marr gesê hy dink Putin het Trump aan die neus gelei.
21 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ovaherero tradisionele leiers het kommer oor grond-wet

Tradisionele leiers het vandeesweek die wet rakende grond in diepte bespreek en bestudeer tydens konsultasies wat die lynministerie gehou het. Terwyl landbou steeds nie ‘n verklaring rakende die eerste sessies uitgereik het nie, het die gesprekke gefokus op die resolusies van die tweede nasionale grondkonferensie. Die Ovaherero tradisionele leiers het…
20 Feb 10AM 1 min

SA polisie vernietig byna 306 000 vuurwapens in 7 jaar

Die Gautengse polisie het meer as 13 800 vuurwapens en vuurwapen-onderdele in Vanderbijlpark vernietig. Dis die tweede vuurwapen-vernietigingsproses in die huidige boekjaar. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê hulle het die afgelope sewe jaar 305 934 vuurwapens vernietig:
20 Feb 10AM 1 min

Kreatiewe sektor soek strukturele duidelikheid

Die regering se hernude fokus op die kreatiewe sektor, waarna dikwels verwys word as die Oranje Ekonomie, gee plaaslike filmprodusente en ander kreatiewe praktisyns nuwe energie. Ingevolge die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan is die sektor as 'n strategiese ekonomiese pilaar verhef. Die staat verbind beleidsaandag, befondsing en institusionele ondersteuning om hierdie…
20 Feb 9AM 1 min

Hoe staatshospitale staatswerkers gaan hanteer is duister

Terwyl die sperdatum van 1 April nader kom vir staatsamptenare om openbare hospitale te gebruik onder ingrypende hervormings aan die Mediese Hulpskema vir Staatsdienswerknemers, Psemas, neem vrae toe oor of die openbare gesondheidstelsel dit kan hanteer. Ongeveer 200 000 staatswerknemers en begunstigdes kan geraak word. Die uitvoerende hoof van die…
20 Feb 9AM 1 min