
Hernubare energie onder die loep
Loading player...
Namibië is die gasheer van vanjaar se Internasionale Konferensie van Sirkulêre ekonomie, Hernubare energie en Groenwaterstof in Afrika. Die konferensie beoog om gesprekke in Afrika aan te moedig om moderne en volhoubare energie bronne te implementeer. Die konferensie vind in die hoofstad plaas en sluit in akademici van regoor Afrika. Tydens die openingsseremonie het Gaudentia Kröhne, die adjunkminister van energie, die belangrikheid beklemtoon van hernubare energie in Namibië.

