
Putin lei Trump rond met die spreekwoordelike wortel - kenner
Loading player...
Dit gons internasionaal oor die beraad wat Amerikaanse president Donald Trump met sy Russiese eweknie Vladimir Putin oor die Oekraïnse oorlog sou gehad het, wat skielik afgestel is. Die verdedigingsanalis Michael Clarke het aan SkyNews gesê Rusland en Amerika se buitelandse sake-ministers sal in elk geval eers moet vergader, voordat die twee leiers kan vergader maar dit is ook nog nie vasgestel nie. Hy voeg by Putin het egter sy doelwit bereik.

