
Teler van rekord Simbrabul sê dis genade van Bo
Loading player...
’n Nuwe Namibiese rekordprys van 650 000 Namibiese dollar is Dinsdagaand by die Sim Xtravaganza-veiling by die Bank Windhoek Agra-ring in die hoofstad behaal. Dié prestasie behoort aan teler Hardus Breedt en dekende Simbrabul Rumba Kelloggs. Rumba Kelloggs is ook onlangs by die Grootfontein- en Windhoek Skou vereer. Kosmos 94.1 Nuus het met Breedt gesels en hom gevra wat sy geheim is.

