
Realiteite van groenwaterstof tree na vore - kenner
Loading player...
Dit blyk asof opgewondenheid oor Namibië se groenwaterstof-toekoms begin vervaag. Die Duitse kragverskaffer, RWE, het hom aan die Hyphen-groen ammoniakprojek onttrek, gevolg deur die bedanking van die groenwaterstof kommissaris, James Mnyupe. Vandeesweek het Olthaver & List hul aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop. Alle partye hou egter vol dat hulle steeds glo in die toekoms van groenwaterstof. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links, 'n navorsingsgenoot by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat op 27 Oktober die nuutste groenwaterstof monitor bekendstel.

