Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vandeesweek uit Indië by Rapport Praat Sport aan waar hy Suid-Afrika se senutergende T20-Wêreldbeker-sege oor Afganistan regstreeks beleef het.
Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal.
Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir…
In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.