
Hoogste hof sê Israel is verplig om hulp aan Gaza te lewer
Loading player...
Die Internasionale Geregshof sê Israel is verplig om die lewering van humanitêre hulp aan die Gaza-strook deur die Verenigde Nasies en sy entiteite te fasiliteer, om te verseker dat daar aan die basiese behoeftes van die Palestynse burgerlikes voldoen word. Die raadgewende mening, wat deur die VN se Algemene Vergadering aangevra is, sê Israel het nie sy bewerings gestaaf dat die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge, Unrwa, nie neutraal is nie. Daar is ook nie bewyse dat 'n aansienlike aantal van sy personeel lede van Hamas of ander gewapende groepe is of was nie. Israel het die mening as “polities” verwerp en weier samewerking met Unrwa. Sky News se Alan Parsons lewer kommentaar uit Jerusalem.

