
Verkiesings: Opposisie staan nie sterk nie
Loading player...
In 2024 was daar 'n wêreldwye afname in ondersteuning vir partye wat vir jare die meeste stemme getrek het. Plaaslik het Swapo ook net 53 persent van die stemme in die algemene verkiesing gewen. Met die streek- en plaaslike owerheidsverksiesings op 26 November wonder politieke ontleders en ondersteuners wat vanjaar gaan gebeur, want opposisiepartye is ook nie sterk nie. Max Weylandt, 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, het sy bevindinge in sy inligtingstuk, "Inside the numbers of Namibia's 2024 vote: Fraying Dominance, Fragmented Opposition", gedeel.

