
VSA keer Israel se anneksasie van Wesoewer
Loading player...
Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het beveel dat die parlementêre bevordering van wetsontwerpe wat verband hou met die anneksasie van die Wesoewer gestaak word. Dit volg na die Amerikaanse visepresident, JD Vance, 'n stemming oor twee wetsontwerpe in die Knesset 'n belediging genoem het. Die wetsontwerpe wat Israeliese wetgewing op die besette Wesoewer toepas, wat gelykstaande sou wees aan anneksasie, is Woensdag voorlopig goedgekeur in die Knesset. Op 'n vraag deur verslaggewers aan die einde van 'n tweedaagse besoek aan Israel, het Vance gesê as dit 'n politieke toertjie was, was dit 'n baie dom een. Luister self.

