
TVET moet verskerp word
Loading player...
Joseph Mukendwa, die beleidshoof by die Namibië Groenwaterstofprogram, het 'n beroep gedoen op die versnelde ontwikkeling van tegniese en beroepsonderwys en –opleiding, of TVET. Hy sê dit is noodsaaklik om Namibië se werksmag toe te rus met die vaardighede wat nodig is om die land se sekondêre sektor te laat groei. Die sektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk het sedert 2004 op ongeveer 15 persent gebly. Mukendwa beklemtoon dat die versterking van TVET noodsaaklik is om werkloosheid tot enkelsyfers te verminder.

