
Ngurare soek 'politiek van menslikheid'
Loading player...
Eerste minister Elijah Ngurare sê alle politieke partye in Namibië moet die politiek van menslikheid bedryf om te verseker dat menstruasie nie meisies se skoolbywoning ontwrig nie. Ngurare het Vrydag die Nasionale Sanitêre Doekie-inisiatief op Keetmanshoop van stapel gestuur. Die regering het 500 000 Namibiese dollar bestee om 41 700 sanitêre doekies aan te koop, wat in al 14 streke in die land versprei gaan word.

