McKenzie moet die Oscars se geld gee - DA

Loading player...
Die DA doen 'n beroep op die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend Suid-Afrika se amptelike inskrywings vir die 2026 Oscar-toekennings te befonds. Die party sê privaat instellings soos MultiChoice en AFDA het reeds hul steun toegesê, terwyl die Stad Kaapstad en die Nasionale Film- en Videostigting hulle nou amptelik tot die veldtog verbind het. Leah Potgieter van die DA sê die stigting het 'n bydrae van 400 000 Suid-Afrikaanse rand bewillig en 'n versoek by die departement vir 'n bykomende 600 000 rand ingedien:
27 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Windhoek tronk g'n oorbevolk, sê diens

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het berigte van die hand gewys dat die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit oorbevolk is. Dit kom te midde van plaaslike mediaberigte dat die fasiliteit, wat ontwerp is om 174 gevangenes te huisves baie meer aanhou. Daar is byvoorbeeld tans 176 Angolese burgers in aanhouding. Kosmos 94.1 Nuus…
20 Feb 8AM 1 min

Vyf vasgekeerde Ekapa-mynwerkers vermoedelik dood

Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê vyf mynwerkers wat vroeër die week vasgekeer is na 'n modderstorting in die Ekapa-myn in Kimberley in die Noord-Kaap, is vermoedelik dood. Reddingspogings duur voort, maar sal na verwagting langer neem weens water- en boorprobleme. Mantashe sal die gesinne toespreek en…
20 Feb 8AM 1 min

Onderwysministerie woeker met kapitaalprojekte

Die onderwysministerie het die parlement op hoogte gebring van sy kapitaalprojekte landwyd. Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti sê ongeveer 508 kapitaalprojekte is in al 14 streke aan die gang, wat deur die ministerie onder die 2025/26-boekjaar-befondsing gefasiliteer word. Die ministerie is in die laaste boekjaar 'n algehele begroting van 24,8 miljard Namibiese…
20 Feb 6AM 1 min

Vetsugkrisis bekommer Gauteng gesondheidsdepartement

Die Gautengse Gesondheidsdepartement is bekommerd oor die groeiende vetsugkrisis in die provinsie, wat gepaardgaan met 'n toename in nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hoë bloeddruk, beroertes en hartsiektes. Die provinsie het die afgelope 12-maande meer as 67 000 nuwe gevalle van hoë bloeddruk aangeteken. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko sê inwoners se gesondheid…
20 Feb 6AM 1 min

DA sê suikerbedryf se aanpassings moet voorkeur gee aan mededinging

Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik…
20 Feb 5AM 1 min