
LPM-leier kap regering oor ekonomie, semi-staatsinstellings
Loading player...
Die Landless Peoples Movement, LPM, het 'n perskonferensie gehou oor die middeltermyn-begroting. Die partyleier, Bernadus Swartbooi, het ook sy mening gelug oor ander kwessies in die land. Een van sy reaksies was oor die afdanking van die minister van energie, Natangwe Ithete, volgens Swartbooi was hy onervare in sy pos. Hy sê ook die Swapo regering het nie daarin geslaag om 'n opdatering te gee oor die finansiële vordering van semi-staatsinstellings nie.

