Biden sê Amerikaners moet bly glo

Loading player...
Oudpresident Joe Biden van Amerika het sy landgenote aangemoedig om optimisties te bly oor wat hy die donker dae onder Donald Trump se streng presidentskap noem. Die 82-jarige Biden het in Boston gepraat nadat hy die Lewensprestasietoekenning van die Edward M. Kennedy-instituut ontvang het. Hy het die eerste keer in die openbaar gepraat sedert hy bestraling ontvang het vir ʼn aggressiewe vorm van prostaatkanker. Biden sê Amerika het ʼn presidensie met beperkte mag, ʼn funksionerende kongres en ʼn onafhanklike regbank:
28 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysministerie woeker met kapitaalprojekte

Die onderwysministerie het die parlement op hoogte gebring van sy kapitaalprojekte landwyd. Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti sê ongeveer 508 kapitaalprojekte is in al 14 streke aan die gang, wat deur die ministerie onder die 2025/26-boekjaar-befondsing gefasiliteer word. Die ministerie is in die laaste boekjaar 'n algehele begroting van 24,8 miljard Namibiese…
20 Feb 6AM 1 min

Vetsugkrisis bekommer Gauteng gesondheidsdepartement

Die Gautengse Gesondheidsdepartement is bekommerd oor die groeiende vetsugkrisis in die provinsie, wat gepaardgaan met 'n toename in nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hoë bloeddruk, beroertes en hartsiektes. Die provinsie het die afgelope 12-maande meer as 67 000 nuwe gevalle van hoë bloeddruk aangeteken. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko sê inwoners se gesondheid…
20 Feb 6AM 1 min

DA sê suikerbedryf se aanpassings moet voorkeur gee aan mededinging

Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik…
20 Feb 5AM 1 min

Andrew se arrestasie bring verligting vir Epstein-slagoffers

Psigoterapeut Lucy Beresford sê die arrestasie van Andrew Mountbatten-Windsor is ‘n kragtige oomblik vir die slagoffers van Jeffrey Epstein en is amper 'n gevoel van karma dat jy iemand met soveel mag kan sien wat nou soos die res van ons behandel word. Sy het met SkyNews gepraat.
20 Feb 5AM 1 min

Moedertaaldag: Vind maniere om Afrikaans te laat leef

Internasionale Moedertaaldag word op 21 Februarie herdenk en op Kosmos 94.1 is Afrikaans die wagwoord. Vanjaar se tema is, “Die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig: uitdagings en geleenthede”. Verlede jaar het ons 100 jaar van Afrikaans gevier, vanjaar kyk ons na die voortbou van ons taal. Kosmos 94.1 Nuus…
20 Feb 5AM 1 min