Ngurare verjaar, Amushelelo sê hy's 'n leier met integriteit

Loading player...
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare vier sy 55ste verjaarsdag vandag. Ngurare het met sy politieke aktivisme in 1983 begin en die daaropvolgende jaar is Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gestig. In 2015 het die party se top vier leiers hom van sy pos as Swapo se jeugleier gedwing. In 2021 het hy weer sy debuut gemaak in die landbouministerie en in 2025 is hy aangestel as die eerste minister. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Amushelelo gepraat, politieke aktivis wat onder Ngurare se leierskap in die Swapo jeugliga opgekom het.
28 Oct 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê suikerbedryf se aanpassings moet voorkeur gee aan mededinging

Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik…
20 Feb 5AM 1 min

Andrew se arrestasie bring verligting vir Epstein-slagoffers

Psigoterapeut Lucy Beresford sê die arrestasie van Andrew Mountbatten-Windsor is ‘n kragtige oomblik vir die slagoffers van Jeffrey Epstein en is amper 'n gevoel van karma dat jy iemand met soveel mag kan sien wat nou soos die res van ons behandel word. Sy het met SkyNews gepraat.
20 Feb 5AM 1 min

Moedertaaldag: Vind maniere om Afrikaans te laat leef

Internasionale Moedertaaldag word op 21 Februarie herdenk en op Kosmos 94.1 is Afrikaans die wagwoord. Vanjaar se tema is, “Die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig: uitdagings en geleenthede”. Verlede jaar het ons 100 jaar van Afrikaans gevier, vanjaar kyk ons na die voortbou van ons taal. Kosmos 94.1 Nuus…
20 Feb 5AM 1 min

Mynbou, vis dryf jaargroei in produsentepryse

Die gemiddelde verkooppryse wat binnelandse produsente vir hul produksie ontvang het 'n kwartaallikse afname van 3,9 persent in die vierde kwartaal van 2025 getoon, maar het met 3,1 persent op 'n jaarbasis gestyg. Die jongste produsenteprysindeks wat deur die Namibiese Statistiekagentskap vrygestel is, toon dat prysstygings vir goedere uit die…
20 Feb 5AM 1 min

Swaar reën, veral vir Suide, voorspel

Daar is uiters goeie vooruitsigte vir reën as weerkenner George van der Merwe se intepretasie van die weermodelle en twee heersende sisteme reg is. Veral die Suide kan ook goeie neerslae verwag. Luister self.
20 Feb 5AM 1 min