Groot kommer oor dobbelende studente, en dit met Nsfas-fondse

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare, sê onlangse berigte oor studente se misbruik van fondse van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om aanlyn te dobbel, is kommerwekkend. Volgens die Nasionale Dobbelraad se verslag vir die 2023/2024-boekjaar, is 1,1 triljoen Suid-Afrikaanse rand in 2024 in die Suid-Afrikaanse dobbelbedryf gewed, wat 40,2-persent meer as die vorige boekjaar is. Die vakbond-woordvoerder, Claude Naicker, sê reguleringsliggame moet saamwerk om toegang tot aanlyn dobbelplatforms wat die hulpskema se geld gebruik, te beperk:
28 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê suikerbedryf se aanpassings moet voorkeur gee aan mededinging

Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik…
20 Feb 5AM 1 min

Andrew se arrestasie bring verligting vir Epstein-slagoffers

Psigoterapeut Lucy Beresford sê die arrestasie van Andrew Mountbatten-Windsor is ‘n kragtige oomblik vir die slagoffers van Jeffrey Epstein en is amper 'n gevoel van karma dat jy iemand met soveel mag kan sien wat nou soos die res van ons behandel word. Sy het met SkyNews gepraat.
20 Feb 5AM 1 min

Moedertaaldag: Vind maniere om Afrikaans te laat leef

Internasionale Moedertaaldag word op 21 Februarie herdenk en op Kosmos 94.1 is Afrikaans die wagwoord. Vanjaar se tema is, “Die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig: uitdagings en geleenthede”. Verlede jaar het ons 100 jaar van Afrikaans gevier, vanjaar kyk ons na die voortbou van ons taal. Kosmos 94.1 Nuus…
20 Feb 5AM 1 min

Mynbou, vis dryf jaargroei in produsentepryse

Die gemiddelde verkooppryse wat binnelandse produsente vir hul produksie ontvang het 'n kwartaallikse afname van 3,9 persent in die vierde kwartaal van 2025 getoon, maar het met 3,1 persent op 'n jaarbasis gestyg. Die jongste produsenteprysindeks wat deur die Namibiese Statistiekagentskap vrygestel is, toon dat prysstygings vir goedere uit die…
20 Feb 5AM 1 min

Swaar reën, veral vir Suide, voorspel

Daar is uiters goeie vooruitsigte vir reën as weerkenner George van der Merwe se intepretasie van die weermodelle en twee heersende sisteme reg is. Veral die Suide kan ook goeie neerslae verwag. Luister self.
20 Feb 5AM 1 min