
Minstens 104 sterftes oornag in Gaza in Israelse aanvalle
Loading player...
Ten minste 104 mense waaronder 46 kinders is oornag dood in Israelse lugaanvalle in Gaza. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu die weermag opdrag gegee het om onmiddellik verskerpte aanvalle uit te voer. Hy beskuldig Hamas van die dood van 'n soldaat en die kamma-ontdekking van 'n gyselaar se liggaam. Hamas veroordeel wat hy noem Israel se misdadige bombardement wat die wapenstilstands-ooreenkoms skend. 'n Woordvoerder van die Israelse regering, David Mencer, het aan Sky News gesê hulle bly verbind tot die skietstilstand:

