
Euro-verpligting is betaal, maar 40% van die skuld bly
Loading player...
Namibië het amptelik sy Euro-verpligting van 750 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Rondom 6 miljard Namibiese dollar, sowat 40 persent van die skuld, is geleen van plaaslike banke wat ‘n impak kan hê op privaatsektor kredietverlening. Die Cirrus ekonoom Robert McGregor verduidelik.

