Vrae in VSA oor of dit werklik gaan oor 'narco terrorists'

Loading player...
Daar is bronne in die Amerikaanse weermag wat aan internasionale nuusagentskappe gesê het dat die aanvalle op verskeie bote in die Stille Oseaan, sowel as die opbou van Amerikaanse magte in Puerto Rico en die vragskip Gerald Ford wat ook op pad is, handel oor Nicolas Maduro se regering in Venezuela. Die Amerikaanse administrasie wil die blykbaar omverwerp. Vrae word gevra oor die herhaaldelike gebruik van ‘narco terrorists’ deur owerhede.
31 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mugabe se seun vas in Jhb na tuinier geskiet is

Die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine Mugabe, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n tuinier by 'n woning in Hydepark geskiet en gewond het. Nog 'n persoon is ook in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi sê die omstandighede…
19 Feb 10PM 1 min

Andrew se arrestasie uiters moeilike oomblik vir koninklikes

Die inhegtenisname Donderdag van Andrew Mountbatten-Windsor op sy 66ste verjaarsdag na hy na bewering sensitiewe handelsinligting van die Britse regering aan sy vriend, die seksoortreder Jeffrey Epstein oorhandig het, maak opslae internasionaal. Andrew is voorheen deur die Epstein-slagoffer Virginia Giuffre by Epstein se praktyke betrek, maar het alle skuld ontken…
19 Feb 10PM 1 min

Stad Windhoek sê van verkopers-reëlings by Havana Fourway

Die Stad Windhoek het stappe gedoen om die handelsreëlings by Havana Fourway te verduidelik namate konstruksie aan die opgradering van Eneas Peter Nanyemba-pad toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met stadswoordvoerder Lydia Amutenya gepraat, wat sê dat verkopers wat binne die padreserwe werksaam is, na 'n aangewese gemeenskapsmark en taxistaanplek verskuif…
19 Feb 10AM 1 min

Twee mans vas oor skiet van tuinier by Mugabe-huis in Joburg

Die Gautengse polisie het bevestig twee mans van 28 en 33 is in hegtenis geneem by die seun van die Zimbabwiese oudpresident, Robert Mugabe, se huis in Hydepark, Johannesburg. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê hulle word verdink van poging tot moord nadat 'n tuinier geskiet en in 'n bedenklike toestand hospitaal…
19 Feb 10AM 1 min