ANC verwelkom hof se bevinding oor Luthuli se moord

Loading player...
Die ANC sê die uitspraak van die hof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, wat bevestig Hoofman Albert Luthuli is deur die apartheidspolisie vermoor, herstel waarheid, waardigheid en geregtigheid aan sy nalatenskap en Suid-Afrika se geskiedenis. Die hof het die apartheidsera-ondersoek verwerp wat valslik beweer het Luthuli is dood nadat hy in 1967 deur 'n trein getref is. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het die Luthuli-familie, menseregte-prokureurs en historici geprys vir die versekering dat die waarheid uiteindelik onthul is:
31 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mugabe se seun vas in Jhb na tuinier geskiet is

Die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine Mugabe, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n tuinier by 'n woning in Hydepark geskiet en gewond het. Nog 'n persoon is ook in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi sê die omstandighede…
19 Feb 10PM 1 min

Andrew se arrestasie uiters moeilike oomblik vir koninklikes

Die inhegtenisname Donderdag van Andrew Mountbatten-Windsor op sy 66ste verjaarsdag na hy na bewering sensitiewe handelsinligting van die Britse regering aan sy vriend, die seksoortreder Jeffrey Epstein oorhandig het, maak opslae internasionaal. Andrew is voorheen deur die Epstein-slagoffer Virginia Giuffre by Epstein se praktyke betrek, maar het alle skuld ontken…
19 Feb 10PM 1 min

Stad Windhoek sê van verkopers-reëlings by Havana Fourway

Die Stad Windhoek het stappe gedoen om die handelsreëlings by Havana Fourway te verduidelik namate konstruksie aan die opgradering van Eneas Peter Nanyemba-pad toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met stadswoordvoerder Lydia Amutenya gepraat, wat sê dat verkopers wat binne die padreserwe werksaam is, na 'n aangewese gemeenskapsmark en taxistaanplek verskuif…
19 Feb 10AM 1 min

Twee mans vas oor skiet van tuinier by Mugabe-huis in Joburg

Die Gautengse polisie het bevestig twee mans van 28 en 33 is in hegtenis geneem by die seun van die Zimbabwiese oudpresident, Robert Mugabe, se huis in Hydepark, Johannesburg. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê hulle word verdink van poging tot moord nadat 'n tuinier geskiet en in 'n bedenklike toestand hospitaal…
19 Feb 10AM 1 min