Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JESAJA 57
Julle is 'n broeisel leuenaars
1Die regverdige kom om,
en daar is niemand
wat dit ter harte neem nie;
dié wat aan die verbond getrou is,
sterf sonder dat iemand begryp
dat dit deur die boosheid in die wêreld is
dat die regverdiges sterf.
2Dié wat die reguit pad loop,
kom waar daar vrede is,
hulle rus in die graf.
3Maar kom julle nader hierheen,
kinders van 'n towerheks,
julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!
4Met wie wil julle spot?
Teen wie wil julle grootpraat,
vir wie wil julle tong uitsteek?
Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie,
'n broeisel leuenaars!
5Julle dien die afgode
met julle wellus onder die groot bome,
onder elke groen boom.
Julle offer julle kinders in die laagtes
en onder die oorhangende rotse.
6Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte,
daar soek julle julle deel.
Vir hulle bring julle drankoffers
en offer julle graanoffers.
Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?
7Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheid
en daarheen opgeklim om offers te bring.
8Agter jou deure en aan jou kosyne
het jy beeldjies opgehang.
In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek,
op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak.
Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het.
Jy het hulle naaktheid geniet.
9Jy het na Molek toe gegaan met olie
en met baie wierook;
jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur,
selfs tot by die doderyk!
10Jou soekery het jou moeg gemaak;
tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie.
Jou wellus het jou aanhou oorweldig,
daarom het jy nie opgehou nie.
11Vir wie was jy so bang en bevrees
dat jy vals geword het?
Jy dink nie meer aan My nie,
jy steur jou nie meer aan My nie.
Ek het lank geswyg
toe jy My nie meer gedien het nie,
12maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel,
alles wat jy gedoen het,
en jou gode sal jou nie kan help nie.
13As jy om hulp roep,
moet jou spul gode jou kom red,
maar 'n wind waai hulle almal weg,
'n yl luggie vat hulle weg.
Maar wie by My skuil, sal die land besit
en my heilige berg as eiendom ontvang.
Ek sal hulle genees
14Die Here het gesê:
Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!
Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.
15So sê Hy wat hoog en verhewe is,
Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:
Ek woon in 'n hoë en heilige plek
en Ek is by hom wat verdruk en nederig is.
Ek gee nuwe krag aan die nederiges,
Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
9 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Buks van Staden

MATTEUS 28 6Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. 7Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea…
17 Apr 2AM 9 min

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JOHANNES 21 Petrus kry opnuut sy opdrag 15Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”…
16 Apr 2AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JOHANNES 20 24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande…
15 Apr 2AM 12 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JOHANNES 20 Jesus verskyn aan sy dissipels (Matt. 28:16-20; Mark. 16:14-18; Luk. 24:36-49) 19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20Nadat Hy dit gesê…
14 Apr 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Past Buks van Staden

MATTEUS 28 Jesus het opgestaan (Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-8) 1Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. 2Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom,…
13 Apr 2AM 12 min