MOS beskerm moedertaalonderrig met nuwe skool in Pta

Loading player...
Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, en Lerina van Rensburg, hoof van Enso Akademie in Wonderboom, Pretoria het met Esté Meyer Jansen oor dié skool gesels. Hulle verduidelik die visie agter hierdie baanbreker- Afrikaanse skool: van die simboliek van die Enso-sirkel tot die droom om leerders te vorm wat die toekoms met selfvertroue en karakter aanpak. Kom luister na die volledige onderhoud om te hoor hoe hierdie nuwe sirkel van leer, lewe en groei deel van MOS se groter droom vir moedertaalonderrig is.
10 Nov 2025 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.
25 Sep 13 min

‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos

Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het…
21 Sep 9 min

Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’

“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.” 
1 Sep 9 min