Kollig Episode 51 | ‘Ons as kerke kan mekaar nie los nie’ – Jan Lubbe en Nioma Venter

Loading player...
Om saam met gelowiges uit kerke in ander lande te bid, sing (ook in isiXhosa!) en gesels oor brandpunte soos ekonomiese geregtigheid, kommer oor militarisering en meer was vir hom verrykend. “Ons is ’n geskenk vir mekaar.” Dit is vir hom die waarde van deel wees van ’n ekumeniese netwerk, vertel ds Jan Lubbe in hierdie aanlyn gesprek vir Heléne Meissenheimer.

Hy en dr Nioma Venter was deel van ’n afgevaardigde groep vanuit die NG Kerk wat in Oktober in Thailand was. Hulle het saam met ander uit Suid-Afrika die 27ste samekoms van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke bygewoon, ’n netwerk van meer as 100 lidkerke wat vanjaar 150 jaar oud is.

Die tema van hierdie samekoms was ‘Volhard in jou getuienis’.

Die moderator van die NG Kerk (soms ‘tjip sy worshond in’) en algemene sekretaris vertel meer oor die konferensie wat ’n besoek aan ’n kamp vir oorlogsvlugtelinge ingesluit het. Dit het ’n diep indruk gelaat. Hulle praat ook oor wie hulle daarna in Japan ontmoet het en wat hulle daar ontdek het oor volhard in jou getuienis in ’n land waar Christene minder as 1% van die bevolking uitmaak.
12 Nov 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min