Picasso’s by Casterbridge in Witrivier is Maandagaand in ‘n brand vernietig. Die eienaar, Garth Snyman, sê dit sal ten minste ses maande neem om te herbou.
Meghan Wallace-Nagel is op pad na Suid Dakota in die VSA vir 'n "barrel racing"-kompetisie. Sy gesels met die Middag Game Drive saam met haar "momager" Franci Wallace.
Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas. Volgens André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig…
Na verbeterde weerstoestande in die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend gebiede in die Krugerwildtuin, en voortgesette veiligheidsassesserings, word oornagbesoekers nou toegelaat om die park te besoek deur die Phalaborwa-hek, asook deur die Phabeni-hek vanaf vandag. Bateleur-boskamp heropen môre. Grondpaaie bly gesluit. Ons gesels met Rey Thakhuli oor die herbouplanne.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.