(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

Loading player...
PSALMS 66
Hoe ontsagwekkend is u werk!
1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm.
Juig tot eer van God, almal op aarde!
2Sing tot roem van sy Naam,
gee Hom die eer wat Hom toekom!
3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk!
U mag is groot, u vyande kruip voor U.
4Alle mense moet voor U buig,
hulle moet sing tot u eer,
hulle moet sing tot eer van u Naam.
Sela
5Kom hoor wat God gedoen het,
kom hoor van sy magtige dade onder die mense:
6Hy het die see in droë land verander;
sy volk het droogvoets deur die rivier getrek.
Toe het ons gejubel oor Hom
7wat ewig heers deur sy mag
en die nasies in die oog hou.
Die vyande moet hulle nie teen God verset nie!
Sela
8Prys ons God, alle volke,
laat sy lof weerklink!
9Dit is Hy wat ons die lewe gee
en nie toelaat dat ons struikel nie!
10U het ons beproef, o God,
ons gelouter soos silwer;
11U het ons in 'n net gevang,
'n swaar las op ons gelê;
12U het ons deur mense laat vertrap,
ons het deur vuur en water gegaan;
maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.
13Ek sal u huis betree met brandoffers
en aan U die geloftes betaal
14wat ek gedoen het, wat ek afgelê het
toe ek in nood was.
15Ek bring vir U vet skape as brandoffers,
ramme as wierookoffers,
ek offer beeste en bokke.
Sela
16Kom luister, alle dienaars van God,
ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:
17Skaars het ek na Hom geroep,
of daar was reeds 'n loflied op my lippe.
18As daar sonde in my hart was,
sou die Here nie geluister het nie.
19Maar God hét geluister,
Hy hét my gebed verhoor!
20Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys
en sy trou nie van my weerhou het nie.
16 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille…
16 Aug 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat…
15 Aug 2AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KONINGS 5 Naäman word genees van melaatsheid 1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het…
14 Aug 2AM 20 min