Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde

Loading player...
Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras.

In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne brand die kaggel sag. Buite is mense wat ysskaats, sneeumanne bou en sleë ry.

Dit is twee uiterste wêrelde...Maar iewers tussenin lê dieselfde verlange.

In dié episode van Grenslose geselsies praat Marisa met Henk Schalekamp – sakeman en spreker, wat vir ons die lig na die ware boodskap van Kersfees skyn.
17 Dec 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Vergete stories, vergete volk

Vandag se storie is môre se geskiedenis. Ons praat van die Groot Trek as iets wat in die 1800’s gebeur het, maar besef ons werklik dat daar tans ʼn nuwe Groot Trek in die Afrikaner se storie plaasvind? Dalk nie met ossewaens oor die Vrystaatse vlaktes nie, maar met vliegtuie…
7 May 25 min

Moedertaal-geankerde kinders in ’n nuwe omgewing

Wanneer ’n gesin emigreer, pak hy nie net sy tasse nie, hy pak ook sy taal en sy identiteit. Maar wat gebeur wanneer daardie TAAL stadig stil raak in die nuwe land? Wanneer ’n kind begin speel en droom in ’n ander taal as dié waarin sy ouma hom lief…
17 Apr 19 min

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam.
29 Jan 23 min