Suid-Afrika bied 14 weke van ITF Wêreld Tennistoer-geleenthede in 2026 aan

Loading player...
Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied. Dit bestaan uit sewe vroue- en sewe manstoernooie deur die land. Die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks begin in April. TSA sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle punteleer punte te verdien en noodsaaklike internasionale ondervinding op te doen. Sabelo Mathebula is die toernooi direkteur van die Mbombela Ope en Zakhele Nkosi die operasionele bestuurder.
19 Dec 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

KLCBT hou volgende maand konferensie

Vanjaar fokus die KLCBT Konferensie vir 'n hele dag slegs op toerisme, en 'n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel alles oor 11 en 12 Junie.
25 May 6 min

SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.
25 May 6 min

Druipkoers vir leerling-rybewyse skiet die hoogte in

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.
22 May 10 min