JANNIE PUTTER - Drome vs Doelwitte: Hoe om Groot te Droom en Daagliks Stappe te Neem

Loading player...
Aan die begin van 2026 gesels ons weer met Jannie Pütter – geestelike, inspirerende skrywer en motiveringsspreker – oor een van die belangrikste onderwerpe vir ’n nuwe jaar: drome en doelwitte.

In hierdie diepgaande en eerlike gesprek verduidelik Jannie waarom ons nie drome en doelwitte met mekaar moet verwar nie. Drome is groot, selfs belaglik groot – só groot dat jy dit nie alleen kan bereik sonder God nie. Doelwitte, aan die ander kant, is die daaglikse stappe wat jy wel kan beheer.

Hierdie episode is vol lewenswysheid, praktiese leiding en hoop – perfek vir ouers, leiers, dromers en enigiemand wat 2026 met fokus en geloof wil aanpak.

🎧 Luister en ontdek hoe om groot te droom, maar klein en doelgerig te leef.
12 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Relationships

Other recent episodes

Jannie Puntter: Aanhou wen – Moenie ophou net voor die water stroom nie

In hierdie bemoedigende episode van Radio Cape Pulpit deel Jannie Puntter ‘n kragtige boodskap oor die belangrikheid om aan te hou, selfs wanneer dit moeilik raak. Hy gebruik die metafoor van ‘n waterpomp: jy pomp en pomp, die water word swaarder in die pyp, maar jy sien nog niks water…
15 Jun 5 min