Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Loading player...
Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park nie. Rey Thakhuli is die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking vir die Krugerwildtuin.
15 Jan Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Minister: Appèl teen mynaansoeke eindig by my

Sy departement sal nie toelaat dat enige mynaansoek wat skade aan die omgewing sal aanrig goedgekeur word nie, sê die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp.
4 Mar 11 min

Netwerk met rolbal volgende week

Volgende Vrydag bied Buy Local Lowveld en die KLCBT 'n netwerkgeleentheid saam met rolbal aan. Michelle Holdsworth en Linda Grimbeek vertel hoekom.
4 Mar 7 min

SA Beker begin die naweek

Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt.
3 Mar 9 min

Nellies ding met groot honde mee

Hoërskool Nelspruit neem vanjaar deel aan die A-bond van die Super Interhoër. Atletiek-hoof Anica Cilliers gesels op die vooraand daarvan met die Middag Game Drive.
3 Mar 11 min