Kollig episode 55 | ‘Gebed is vir my soos my GPS' - Dewald Hoffman, samesteller van nuwe gebedsbundel

Loading player...
Vroeër was sy benadering tot gebed dalk anders, maar deesdae wil hy spasies daarvoor in sy lewe skep, waar gebedsritmes as anker te midde van onsekerheid dien. Só vertel ds Dewald Hoffman, samesteller van die 'Gebedsboek vir tye wat tel' wat Bybel-Media in 2025 uitgegee het. Die boek bevat 365 gebede wat ingedeel is volgens die seisoene van die kerkjaar. Onder die wye spektrum tel gebede deur al die eeue van die Christendom vanaf antieke kerkvaders tot vandag se tye met Moeder Teresa, Desmond Tutu, Cas Wepener en Jan Lubbe. Hoffman se hoop is dat lesers van die boek ’n ontmoeting met God sal hê. In hierdie gesprek oor gebed, oor die skrywer en oor die skryfproses, verduidelik Hoffman dat gebed vir hom met ’n anker of liggingstoestel (kompas of GPS!) vergelyk kan word. * Bybel-Media is ook die uitgewer van Kerkbode.
13 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min