
Agriskoops - 2 Maart 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops hoor ons van Nantes Kelder. Hy is die projek-koördineerder interkulturele samewerking en verhoudings by AfriForum. Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het onlangs hul tweede oes van verskeie soorte groente gehad. AfriForum het verlede jaar die stigting bygestaan met belangrike toerusting om die boerdery se produktiwiteit, volhoubaarheid en winsgewendheid te verbeter. Nantes vertel hoekom hierdie projek veral suksesvol is.

