Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

Loading player...
In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier.

In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op winkelrakke en aanlyn beskikbaar wees. Die koerant beloof om weer ’n ruimte te skep vir kwaliteit Afrikaanse joernalistiek met nuus, menings, sakenuus, sport, leefstyl, kultuur en gemeenskapsstories vir Afrikaanse lesers regoor die land. 

Ons gesels oor hoekom hierdie koerant begin is, hoekom drukmedia dalk nog nie dood is nie, en hoekom daar steeds miljoene Afrikaanse lesers is wat ’n weeklikse koerant wil lees.

Maar dis nie waar die KLETS stop nie.

Terwyl dit reën in Gauteng val, kyk die wêreld met spanning na die bomme wat reën in die Midde-Ooste. Is dit bloot nog ’n konflik, of kyk ons dalk na die eerste tekens van iets veel groter? Sommige mense vra al klaar die vraag: Is dit dalk die begin van ’n derde wêreldoorlog?

En dan draai die gesprek weer skerp na die alledaagse absurditeite van die lewe.

Matthys hou vir Sophia ’n verjaarsdagpartytjie in die park vir haar honde-maatjies, iets wat vir hom heeltemal normaal klink… totdat die dame by die kasregister hom aankyk asof hy pas erken het hy vier ook sy toaster se verjaarsdag. Party dinge maak net sin vir honde-mense.

En Colene bring ’n bietjie statistiek na die tafel: volgens verskeie studies raak nuwer generasies blykbaar nie noodwendig slimmer nie. In sommige gevalle wys data selfs dat kognitiewe vermoëns effens afneem. Surprise surprise.

Dis opinies. Dis honde-partytjies en nuwe ink op papier.

Dis KLETS.
4 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer

Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde? Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI,…
18 Feb 58 min

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min