
Altyd 'n Namibiese Vlag by die Schoonwinkel Tweeling
Loading player...
Ek ken die Schoonwinkel tweeling al baie jare en hulle is altyd besig om 'n fondsinsameling vir iemand te doen. Albei broers was jare lank by die Suid Afrikaanse polisie en almal wat hul ken het baie respek vir hulle. Dit was opmerklik dat hul altyd 'n Namibiese vlag by hul het, en aangesien hul nie Namibiese burgers is nie, was ek nuuskierig om uit te vind hoekom.





