CHRISTELIKE PERSPEKTIEF: Prof. Arno van Niekerk - Oorlog in die Midde-Ooste, Oliepryse & Skokkende Korrupsie-Onthullings

Loading player...
In hierdie episode gesels ons met Prof.Arno van Niekerk oor die jongste wêreld- en plaaslike nuus wat Suid-Afrikaners raak. Ons bespreek die eskalerende konflik tussen Iran en Israel, die rol van Amerika in die oorlog, en hoe die spanning in die Midde Ooste die wêreldekonomie en oliepryse beïnvloed.

Ons kyk ook na die moontlike politieke veranderinge in Iran, insluitend die rol van Reza Pahlavi, en wat dit vir globale stabiliteit kan beteken. Verder bespreek ons hoe stygende oliepryse en skeepsroetes rondom die Strait of Hormuz en die Cape of Good Hope Suid-Afrikaanse handel, uitvoere en boere raak.

Aan die plaaslike front praat ons oor skokkende getuienis by ’n ondersoekkommissie waar sakeman Suliman Carrim miljoene rande se beweerde korrupsie en ’n kriminele sindikaat onthul het. Ons bespreek ook die implikasies vir die strafregstelsel, ekonomie en die toekoms van jong mense in Suid Afrika.
10 Mar 1AM English South Africa News · Christianity

Other recent episodes

’n Eenvoudige Manier om Jesus met Ander te Deel

In hierdie inspirerende gesprek op Radio Kaapse Kansel moedig Jannie Pelser luisteraars aan om met vrymoedigheid oor Jesus te praat. Die gesprek fokus op praktiese maniere waarop gelowiges en gemeentes evangelisasie makliker en meer natuurlik kan uitleef. Met bemoedigende getuienisse en eenvoudige hulpmiddels herinner hierdie inset luisteraars dat elke Christen…
7 May 1AM 8 min

CPOTN - Continuing the Legacy of Faith and Mission

In this impactful segment on Radio K-Pulpit, Dr. Peter Hammond shares a passionate message about the urgent need for Bibles across Africa. Reflecting on the legacy of missionaries like David Livingstone, he challenges believers to take part in spreading God’s Word and strengthening the growing church across the continent. This…
1 May 1AM 11 min

’n Christelike Perspektief vir Moeilike Tye: Hoop te Midde van Onsekerheid

In hierdie bemoedigende gesprek op Radio Kaapse Kansel deel Gerald Ferreira ’n kragtige boodskap van hoop, vrede en geloof te midde van wêreldwye spanning en plaaslike uitdagings. Met verwysing na Skrifgedeeltes soos Filippense 4 herinner hy luisteraars dat God se vrede alle verstand te bowe gaan en dat gelowiges geroep…
6 May 1AM 6 min

’n Christelike Perspektief op Wêreldnuus en Hoop: Geloof in Onsekere Tye

In hierdie insiggewende gesprek op Radio Kaapse Kansel deel Arno van Niekerk waardevolle perspektiewe op wêreldgebeure, ekonomiese uitdagings en geloof in tye van onsekerheid. Die gesprek herinner luisteraars om hul vertroue in God te plaas, selfs wanneer globale spanning en plaaslike uitdagings toeneem. Dit bied hoop, wysheid en praktiese insig…
6 May 1AM 8 min