Die volgende hoofstuk in die uitgerekte Krugerwildtuin-mynsage is Vrydag voortgesit in Marlothpark toe AfriForum, gemeenskapslede en belanghebbendes byeengekom het vir ’n openbare deelnamevergadering as deel van ’n nuwe aansoekproses vir die oprigting van ’n myn op die wildtuin se voorstoep. Cindy Benson is die voorsitter van Marloth Park se belastingbetalersvereniging.
Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het die Oostelike Provinsie Vrydag met 47-10 by Mbombela-stadion geklop. Die span reis Vrydag na Bloemfontein vir 'n kragmeting met die Cheetahs. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en Sam Sikiwe gesels met Sonop Ontbyt ook oor die Stonehouse 10's die naweek.
Elzabé de Bruyn, organiese groentetuin kenner, was weer in die Saterdag Ontbyt ateljee om oor die plant van wintergewasse te gesels en die moets en moenies wat daarmee gepaard gaan.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.