Van Hormuz tot Hill-Lewis

Loading player...
Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly.

Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”...

Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het glo al genoeg “BEE-bribe voorstelle” gekry om ’n hele nuwe besigheidsmodel te begin. Want kom ons wees eerlik, wat is Suid-Afrika sonder ’n goeie BEE-bribe storie?

En dan die DA.
’n Nuwe leierskorps onder leiding van Geordin Hill-Lewis. Die vraag is eenvoudig: is hierdie span opgewasse vir die werk… of is ons besig om na ’n mooi PR-oefening te kyk wat soos ’n kinderkrans kan eindig?

Zille doen veldwerk in haar Burgemeesterveldtogte soos min al voorheen gesien het. Hierdie week trotseer sy die stormwaters van Soweto in ’n roeiboot. Alles vir nog ’n paar blou stemme. Dis politiek… in Gumboots.

En net wanneer jy dink dit kan nie duurder raak nie… kom die gerugte:
diesel teen Mei 2026 moontlik op pad na R40 per liter. Want niks sê “middel van die maand” soos ’n brandstofrekening wat jou begroting uitmekaar trek nie.

Ons is op dag 105 van die jaar.
As dinge effens donker voel, onthou net: die Titanic het vandag 114 jaar terug gesink… en daar was verseker genoeg plek op die deur vir Jack!

Dis oorlog en water. Dis politiek en petrol.
Dis KLETS.
15 Apr Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min

Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier. In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op…
4 Mar 49 min

Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer

Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde? Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI,…
18 Feb 58 min