Episode 60 | Hoekom moet ons steeds oor die Belhar-belydenis praat? - Gesprek met prof Allan Boesak

Loading player...
Die Belydenis van Belhar se uitkringeffek is veel wyer as die woongebied op die Kaapse Vlakte waarna die dokument vernoem is. Veertig jaar later praat hierdie geloofsverklaring se sentrale tema van versoening in Christus steeds met die harte van kerkleiers regoor die wêreld.

In hierdie episode van Kollig herbesoek Heléne Meissenheimer die ontstaansgeskiedenis en die teologie van die Belydenis van Belhar. Sy praat met Prof Allan Boesak, wat moderator was van die sinode wat dit in 1986 as volwaardige belydenisskrif van die destydse NG Sendingkerk (vandag Verenigende Gereformeerde Kerk) aanvaar het.
Chapters
  • 02:11 Belhar-belydenis se geskiedenis
  • 04:00 Vrae en pyn oor apartheid se Bybelse regverdiging
  • 06:48 Protesoptrede en druk van binne
  • 07:17 Hoe apartheid vanuit die NG Kerk se sendingbeleid voortgevloei het
  • 11:20 Oor Kerk en Samelewing in 1986, 1994 en daarna
  • 14:25 Kerkvereniging ("wat grootliks nog moet gebeur")
  • 19:58 Die VGK se "wegdwaal van Belhar"
  • 21:15 Waaroor altwee kerke vandag moet eerlik wees
29 Apr Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min