Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

Loading player...
’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy ’n fikse pelgrim kan met die Pelgrimstog van Hoop deesdae van Jeffreysbaai tot in Kaap Agulhas stap.

Op 30 April het hy die eerste pelgrim geword wat hierdie staptog (sowat 800 km) afgelê het. Heléne Meissenheimer het vir Kerkbode Kollig met hom gesels.
Chapters
  • 01:21 Hoekom sabbatsverlof so spandeer?
  • 03:56 Waar loop hierdie pelgrimsroete?
  • 05:23 Hoeveel kilometer per dag gestap
  • 07:21 Hoe werk bagasie en kos as jy alleen stap
  • 09:32 Hoe het jou voete gehou?
  • 12:23 “Ek het die ongelooflikste mense ontmoet”
  • 16:52 Kardioloog sê hart se herstel is “bonatuurlik”
  • 21:15 Ek sal weer stap “my siel het gerus”
8 May Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min