Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen (met Heindrich Wyngaard)
Loading player...
In hierdie episode van Pagecast gesels Heindrich Wyngaard, meningsvormer, skrywer en leier van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum, met bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer Julian Jansen oor sy nuwe boek Op die Spoor van die Stasiemoordenaar. Jansen, bekend vir The De Zalze Murders en Moord op Stellenbosch, het 'n bewese rekord van diepgaande, menslike joernalistiek, en hierdie gesprek was geen uitsondering nie. Emosioneel, aangrypend en yskoud.
Van 1986 tot 1994 word die Kaapse Vlakte geterroriseer deur die Stasiemoordenaar, wat 22 jong seuns en mans, meestal tussen 9 en 14 jaar oud, naby treinstasies ontvoer, seksueel misbruik en vermoor het. Norman Afzal Simons is in 1995 skuldig bevind aan een van die moorde en in 2023 op parool vrygelaat, maar die tergende vrae bly spook. Was hy werklik alleen? Het geregtigheid vir al 22 seuns geskied? Jansen volg die spoor van die seuns én die destydse polisieondersoeke, en weier om op te hou vra waar andere opgehou het.
"Ons moet die kind se identiteit, sy menswees onthou," sê Jansen. Agter elke naam in hierdie verhaal was 'n lewe, 'n gesin, 'n toekoms wat weggeruk is.