Die hooggeregshof in Kimberley het die Noord-Kaapse regering se aansoek om appèl rondom uitvoerpermitte vir eties geoeste renosterhorings van die hand gewys. Wicus Diedericks wat hom oor die saak tot die hof gewend het, gesels met ons oor hoe dit die handel in renosterhorings uit misdaadsindikate se hande kan haal.
Die klein dingetjies wat jy nie eens oplet nie, kan die grootste risiko inhou vir jou eiendom en onderneming. GJ Wentzel van Black Sable Risk deel advies met Laeveld Brunch oor waarna hulle vandag aandag kan gee om hul risiko te verminder.
Elise Fourie is ‘n beradingsielkundige en oorlewende van skildklierkanker wat ook ‘n Relay For Life Global Hero of Hope én ‘n leiervrywilliger by KANSA is. Sy gesels met ons oor Internasionale Kankeroorlewendesmaand wat in Junie plaasvind en hoe oorlewendes 'n rol in kankerbewustheid kan speel deur hul storie te deel…
Sarah Barratt van Thornybush Game Lodge is aangewys van vanjaar se Safari Veldgids van die Jaar. Sy is maar die tweede vrou in 15 jaar om die toekenning te wen.
'n Groep ma's het tydens verlede jaar se Innibos besluit die kunswerke van skamel geklede vroue by die pretpark op die feesterrein is nie ideaal om kinders aan bloot te stel nie. Annali Schutte en Caria Harms het intussen saam met die fees, die pretpark-bestuur en Hoërskool Bergvlam gewerk om…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.